Sluit aan

pixivvlu ladyVoel jy lus vir 'n nuwe uitdaging - jy is op die regte plek - by die VVLU verryk jy jouself in net mooi alle fasette van vrouwees! Sluit via ons webblad aan en ontvang ‘n lekker Woolworths geskenkbewys!.

Kliek hier vir meer inligting. Ons kan nie wag om van jou te hoor nie!

2011 Kongres in beeld

Die Kongres 2011 was weereens n reuse sukses.
VVLU kongres 2011

Kliek hier vir n fotobeeld van ons kongres.

Resep van die maand

HEERLIKE LAFENIS

Baie lekker op 'n warm dag!

Dit is vinnig om te maak. Pobeer dit gerus en skryf jou kommentaar op ons Facebook-book. bladsy.

Santie

Kliek hier vir besonderhede van resep.

VVLU Gedagte
"Loop nie voor my uit nie, want ek wil jou nie altyd volg nie; moenie agter my loop nie, want ek wil jou nie lei nie; loop net langs my en wees my vriend." ~ A Camus

Vrystaat Vroue Landbou-unie

Midde-Kaalspruit ontvang Joppie Fourie

 "TEN MILLION STEPS FOR CANCER"

Joppie Fourie VVLU
Joppie Fourie wat vir sy projek "ten million steps for cancer" deur 113 dorpe altesaam 5100km gaan stap, het in Bloemfontein aangekom. Op 22 Desember het die dames van Midde-Kaalspruit-tak en Dalene Brink, namens Area 12, hom by Bains Game Lodge ingewag met koue pakkies. Tot daar het hy reeds 2200km klaar gestap met sy "bed" wat hy stoot. Van ver af kon hulle al die helderkleurige baadjie, wat hy  vir veiligheid dra,  sien aankom.  Lize Dippenaar het agter hom aangery.  Op 23 Desember het hy die laaste 6km tot in die stad aangedurf.  Miemie Kleingeld, Shoprite/Checkers en Lize Dippenaar, Midde-Kaalspruit-tak, het saam met hom die pad na die Protea Hotel aangepak. Lize se dogter, Mariza, 11 wat saamgestap het, het haar gehelp om te fokus en die 6km te voltooi.  Amelia Loubser, Midde-Kaalspruit-tak, het agter hulle aangery met flikkerligte om die verkeer te waarsku. Hulle het die verkeersafdeling se voertuig by Tempe se verkeerslig gekry.  Op 30 Desember het Lize en Miemie weer die eerste kilometers uit die stad saam met hom aangedurf met Heste Loubser (12) om hulle aan te moedig. Baie dankie aan die verkeersafdeling wat hulle hiermee bygestaan het. Lize het saam met Joppie die Universitas Hospitaal se kinderafdeling besoek. 

Al die inligting kan op sy webtuiste  www.tenmillionstepsforcancer.org.za gekry word.  Waarom hy die stappery aangepak het, waarvoor hy geld insamel en wat hy alles meemaak op die tog.  Lize gaan ook as 2de prinses in die mev. Bloemfontein kompetisie, "ten million steps" as haar liefdadigheids instansie, ondersteun.  Almal van ons is al op een of ander wyse deur kanker geraak.  Daarom vra Lize oo jul ondersteuning vir hierdie projek van Joppie.

Kontak haar by 082 774 2612 of per e-pos  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Last Updated (Thursday, 19 January 2012 19:02)

 

Welkom

 ʼn Warm welkom by ons geliefde organisasie, die Vrystaat Vroue Landbou-unie se webtuiste. Geniet die kuiertjie!
A warm welcome to the website of our beloved organisation, the Free State Women's Agricultural Union. Enjoy your visit!

Last Updated (Monday, 13 September 2010 09:47)

Read more...

 

VVLU Studiehulp

Fianca Barnard VVLU

Fianca Barnard, vanjaar 'n tweedejaar student aan die SUT,
ontvang vanjaar die VVLU Studiehulp. Fianca studeer vir die
Nasionale Diploma in Kleding. Baie geluk en baie sterkte
met vanjaar se studies!

Last Updated (Tuesday, 24 January 2012 18:33)

 

VVLU Winkel

facebook Besoek ons op
 Facebook
Soek / Search
Wie is aanlyn
We have 5 guests online
Our Objectives

vvlu pict 11We are an educational organisation in which opportunities for development are offered to women with the same values and where they are prepared, as homemakers, to render a positive contribution to the development of the community and country.

Ons Doelwitte

vvlu business womanDie doel van die VVLU is ‘n opvoedkundige organisasie wat geleenthede tot verruiming aan vroue met dieselfde waardes bied en hulle toerus as tuisteskeppers en om ‘n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die gemeenskap en land te lewer.

Ons is...

vvlu woman celebratingVVLU is 'n opvoedkundige organisasie wat geleenthede tot verruiming aan vroue met dieselfde waardes bied en hulle toerus as tuisteskeppers en om 'n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die gemeenskap en land te lewer.