My imageMy imageMy imageMy imageMy imageMy image

Welkom / Welcome





Hartlik welkom by ons geliefde organisasie, die Vrystaat Vroue Landbou-unie se webtuiste.

Welcome to the website of our beloved organisation, the Free State Women`s Agricultural Union.

VVLU is n opvoedkundige organisasie wat geleenthede tot verruiming aan vroue met dieselfde waardes bied en hulle toerus as tuisteskeppers en om n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die gemeenskap en land te lewer.

We are an educational organisation in which opportunities for development are offered to women with the same values and where they are prepared, as homemakers, to render a positive contribution to the development of the community and country.

Elsabè Kotzè, VVLU President aan die woord:

VLU vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar en daar word na ons verwys as die organisasie wat georganiseerd is, waar respek, orde, harde werk en stiptelikheid die botoon vier.

Die VLU het op 8 September 1925 ontstaan toe 55 vroue in die Raadsaal van die ou stadshuis in Pretoria byeengekom het.

Suid-Afrika het in daardie jare baie anders as vandag gelyk.

Dit was die tyd van die Groot Depressie, wat ? tyd van erge armoede was.

Baie mense het hul werk verloor en het swaargekry.

Dit was die ergste ekonomiese insinking in die geskiedenis en het van 1929 tot 1939 geduur.

Benewens die depressie en die feit dat wêreldhandel omtrent tot ? einde gekom het, was daar ook ? groot droogte in Suid-Afrika.

Baie boere kon nie meer hul plase bekostig nie en moes na die stede toe trek.

Die VLU is teen hierdie agtergrond gestig.

Die doel was om ? organisasie te stig om vroue se belange te bevorder, veral omdat baie vroue toe nie lank skoolgegaan het of ná skool gaan studeer het nie. Landelike gebiede was ook geïsoleer, wat beteken dat mense nie eintlik bymekaar uitgekom het nie. Met mense wat finansieel swaargekry het, moes boervroue slim planne beraam om geld te maak. Hulle moes elke sent omdraai.

Daar was nie juis geleenthede vir jongmense om in daardie gebiede te bly nie, en baie van hulle het sommer gou-gou stede toe getrek. Die organisasie wou graag beter geriewe vir die jeug in plattelandse gebiede skep.

 

Vandag fokus die VLU op vrouwees, verryking, opheffing, kennis en groei.

Die VLU is nie daar vir vroue wat alles kan doen nie, nee, dis juis daar vir die wat wil leer. Die VLU bied vir elkeen ‘n platvorm om jouself te ontwikkel, om jou kennis met ander te deel, en om jou talente te ontdek.

Ons voorgangers het ons geleer van entoesiasme, harde werk, om visie te hê, maar veral lojaliteit. Dit bly ‘n uitdaging om al die verskillende rolle van vrouwees met grasie te hanteer, maar weet jy as VLU-lid maak ‘n verskil daar waar jy is.

 

 



 

 

Jaarverslae 2024 verskyn onder Dokumente.  

2025

Tema/Theme: “Ankervrou"

Anchor Woman

The annual FSWAU Congress will beheld at Leopards & Lace on 3&4 September 2025

 

Ons Vrystaat Kongres vind plaas op 3 & 4 September 2025

Plek:  Leopards & Lace

Koste: R 1 200.00

Sprekers:  Hannes van Wyk & Christel Basson

Gaskunstenaar:  Jacobus Silwer

Toegang by Kongres:  Skryfbehoeftes: Koshuiskinders

 

 

Educational Seminars were once again be presented by mrs Alti J van Vuuren and mrs Sonja van Zyl on the following dates:

6 November 2025 Welkom contact  mrs Annette van der Merwe 073 142 5588

5 November 2025 Bloemfontein contact mrs Winnie Ward 084 407 1139

7 November 2025Bethlehem contact mrs Riani Marx 083 447 -9081

 

Guidelines for articles to be made for 2026 appear on the Info page under Guidelines


 

 

 




Meer oor ons / About Us

We are an educational organisation in which opportunities for development are offered to women with the same values and where they are prepared, as homemakers, to render a positive contribution to the development of the community and country. Different themes cover a wide spectrum of life and ablities. Read more >>

Kalender / Calendar



Lees meer / Read more >>

Contact Us

Naam / Name (* Verpligtend / Compulsory)

Email (* Verpligtend / Compulsory)

Telephone (* Verpligtend / Compulsory)

Message (* Verpligtend / Compulsory)

All fields are required.

We respect your privacy. By clicking Submit, you are consenting to us collecting and processing the Personal Information you have provided above in order for us to review and respond to your enquiry. For further information on our privacy practices, please review our Privacy Policy.





Read more >>

Ons Borge / Our Sponsors

Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie (SAVLU)
The Associated Country Women of the World
Vroue Landbouvereniging van Kaapland
Vrystaat Landbou